Dienda vra in NV oor personeeltekorte in gesondheid

Dit het ‘n normale praktyk in Namibië geword waar pasiënte vir ure by staatsgesondheidsgeriewe moet wag om behandeling te ontvang. Pasiënte, veral bejaardes, kom baie vroeg in die oggend en wag ure om mediese aandag te kry en baie word soms aangesê om die volgende dag terug te keer. Mense is al dood terwyl hulle in lang rye gewag het om toegang tot gesondheidsorgdienste in Namibië te kry. Dit is die mening van Elma Dienda van die Popular Democratic Movement. Sy het vanmiddag vrae aan die gesondheidsminister, dr Kalumbi Shangula, in die Nasionale Vergadering gevra.