Vier SA stede is van die 50 gevaarlikste in die wêreld

Vier Suid-Afrikaanse stede is tussen die top 50 gewelddadigste stede in die wêreld, volgens die Mexikaanse Raad vir Openbare Veiligheid en Strafreg se jongste ranglys. Die verslag lys die stede met die aantal moorde per 100 000 mense waar die bevolking 300 000 mense oorskry en waar moordstatistiek beskikbaar gestel is. Kaapstad is 11de in die wêreld, Nelson Mandelabaai is 23ste, Durban 35ste en Johannesburg 48ste. Zamora in Mexiko is die gewelddadigste stad in die wêreld met meer as 196 moorde per 100 000 mense.