ANC wil ook meer weet van nie-regeringsorganisasies

Die Nasionale Vergadering in die buurland het ‘n mosie aanvaar om ‘n ad hoc-komitee aan te stel om die Wysigingswetsontwerp op Algemene Intelligensiewette te oorweeg. Dit beteken nie-regeringsorganisasies kan beter dopgehou word om te keer dat hulle terrorismegroepe finansier. Die wetgewing sal die aanbevelings van die presidensiële hoëvlak-hersieningspaneel oor die Staatsveiligheidsagentskap insluit. Dit sal ook die instellingsplan vir die Staatskapingskommissie se aanbevelings bevat. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die konsepwet is in ooreenstemming met dié van groot demokrasieë.