Die Proteas wen hulle eerste toets teen die Wes-Indiese Eilande

Krieket: Quinton de Kock is as die speler van die wedstryd aangewys ná die Proteas
van Suid-Afrika hulle eerste toets teen die Wes-Indiese Eilande in Gros Islet met ‘n
beurt en 63 lopies gewen het. De Kock het ‘n onoorwonne 141 lopies van 170 balle
gemoker met twaalf viere en sewe sesse. Kagiso Rabada het vir die 10de keer in sy
loopbaan vyf paaltjies ingeoes en Keshav Marahaj het vinnig twee paaltjies in die
oggendsessie van die derde dag laat kantel om die Wes-Indiërs vir ‘n skrale 162 uit te
haal voor ‘n vertraagde middagete. Die tweede toets begin Vrydag.