ANC in die buurland haaks oor jeugligastrukture

Die ANC in Suid-Afrika se adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, en die Nasionale
Jeugtaakspan gaan in Augustus in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in
Johannesburg uitgedaag word. ‘n Lid van die party se Jeugliga in KwaZulu-Natal doen
regsstappe en beweer dat mense ouer as 35 toegelaat word om in die Liga se
provinsiale strukture te dien. Hy voer aan dat alle jeugligastrukture in die buurland,
insluitend dié in provinsies, jare gelede verval het. Die saak gaan op 18 Augustus
aangehoor word