Leiers in Pakistan glo raadop oor burgers wat weier om ingeënt te word

Leiers in Pakistan dreig volgens berigte burgers wat weier om teen Covid-19 ingeënt
te word, dat hulle selfoon- simkaarte gekanselleer gaan word. Medici in die land is glo
raadop oor miljoene entstowwe wat kan verval. Baie Pakistani’s glo dat die enstof
ernstige newe-effekte soos onder andere onvrugbaarheid kan veroorsaak.