Die LPM, die prokureur en die wapen: Saak hang in die lug

Die kwessie van die wapen wat in die senior prokureur Patrick Kauta se sak gevind is by die Nasionale Raad in die hoofstad, is steeds nie opgelos nie. Die wapen is blykbaar gevind toe Kauta in Julie verlede jaar sy kliënte, die twee Landless People’s Movement-leiers Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb verteenwoordig het na die chaos na President Hage Geingob se staatsrede. ‘n Staande komitee het die kwessie ondersoek. Die speaker, professor Peter Katjavivi het die berigte as bog afgemaak maar Kauta hou vol dat hy geen wapen gehad het nie terwyl dit na bewering op die skandeerder opgetel is. Swartbooi en Seibeb is daardie tyd as sekuriteitsrisiko’s beskryf. Die woordvoerder van die LPM se die saak hang steeds in die lug.