Die As: Engeland lei nog 3 punte skade

Engeland gaan nog drie punte skade ly op die tabel van die Wêreld-toetskampioenskap. Dis nadat bekend geword het hulle was agt boulbeurte agter op die kwota in die eerste toets om die As. Daar is vroeër aangekondig hulle verloor vyf punte, een vir elke boulbeurt waar hulle aanvanklik tekort geskiet het. Hulle is reeds met 100 persent van hul wedstrydfooi beboet en die span kon nie nog bykomende geldelike straf dra nie. Om sake te vererger, sukkel Engeland in die tweede toets om die As teen Australië.