Voedselpryse sal aanhou styg

Sedert die begin van die Covid-19-pandemie het die pryse van basiese verbruiksartikels aanhou styg, so ook in Suid-Afrika. Die prys van ‘n basiese mandjie kos in die buurland in het sedert November verlede jaar met 254 Suid-Afrikaanse rand gestyg. Die projekorganiseerder van die Pietermaritzburg Ekonomiese Geregtigheid- en Waardigheidgroep, Mervyn Abrahams, sê die prys van voedsel sal aanhou styg weens verskillende faktore soos logistiek met die in- en uitvoer van produkte:

Abrahams sê Suid-Afrikaners kan nog kos-prysstygings verwag:

Die Namibiese voedselpryse is reeds die week bekend gemaak en voedselinflasie het 23 persent bygedra tot die algehele inflasie van net meer as 4 persent.