Die 2021 Nedbank Desert Dash begin vanmiddag

Groot belangstelling heers op die oomblik vir die begin van die 2021 Nedbank Desert Dash halfdrie vanmiddag in die hoofstad. Die Switserse fietsryer en titelhouer wat dit reeds ses keer gewen het, Kenny Looser, sal sy titel verdedig. Die roete strek oor 393 kilometer deur die Khomas-hoogland en die Namib-woestyn tot by Platz am Meer in Swakopmund waar die eerste fietsryers vroeg môre-oggend verwag word. Die Namibiër Anri Parker het met Kosmos 94.1-Nuus gepraat oor haar deelname.