554 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 554 nuwe Covid-19 gevalle in die land
bevestig. Windhoek het 376, Walvisbaai 55, Otjiwarongo 29, Okahandja 20, Usakos 16
en Swakopmund 13. Die res kom landwyd voor. Daar is 1 797 aktiewe gevalle uit ‘n
kumulatiewe totaal van 131 230. Die totale sterftesyfer is tans 3 575.