DeSantis sê Disney speel politiek in die hof

Die Republikeinse goewerneur van Florida Ron deSantis sê die dagvaardiging van Disney is ‘n politieke spel. Die maatskappy dagvaar hom en vra die hof om sy pogings om beheer oor die maatskappy se temaparke in Orlando uit te oefen, omver te werp. Die voortdurende pogings deur DeSantis om beheer oor Disney uit te oefen, het verlede jaar begin nadat die maatskappy ‘n staatswet gekritiseer het wat klaskamerbesprekings oor seksualiteit en geslagsidentiteit in skole verbied. DeSantis sê Disney het geen reg tot enige voordele in Florida nie.