Koöperatiewe sektor in SA kry reuse-hupstoot

Die Nasionale Ontwikkelingsagentskap sê Suid-Afrika is die jongste vennoot van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat ‘n internasionale samewerkingsooreenkoms oor ontwikkeling met die Duitse Koöperatiewe Raiffeisen-konfederasie beklink het. Die konfederasie het meer as 20 miljoen lede en bande met meer as 30 ander lande. Die woordvoerder van die agentskap, Lesego Ranchu, sê die konfederasie verskaf raadgewing en hulp wat gemik is op die volhoubare ontwikkeling van die koöperatiewe sektor: