Pote en Ollie gestraf, ses weke geskors

Die voormalige afrigter van die Bulle, Pote Human, en sy eweknie in Major League Rugby, Ollie Richardson, is vir ses weke geskors na ‘n bakleiery op die veld tydens ‘n wedstryd verlede naweek in Amerika. Hulle is ook beboet en moet gemeenskapsdiens doen. Human rig die Houston SaberCats af en het blykbaar sy humeur verloor nadat Richardson, die afrigter van die Rugby New York Ironworkers, een van Houston se spelers uitgetrap het. Na die lelike tonele is albei afrigters beveel om die veld te verlaat.