Derna-ramp: Eerste klagtes teen amptenare

Libië se hoofaanklaer sê hy het beveel dat agt huidige en voormalige amptenare aangehou word hangende sy ondersoek na die ineenstorting van twee damme vroeër vandeesmaand. Die twee damme buite die stad Derna het op 11 September opgebreek nadat hulle deur die storm Daniël oorval is. Soveel as ‘n kwart van die stad is oorstroom, hele woonbuurte is vernietig en duisende mense het gesterf of is see toe gevee. Aanklaers het Sondag die amptenare van die Waterhulpbronowerheid en die Dammebestuursowerheid ondervra oor bewerings dat wanbestuur, nalatigheid en foute tot die ramp bygedra het.