Derek Watts verloor sy stryd teen kanker
Die bekroonde Suid-Afrikaanse TV-aanbieder, Derek Watts, het vanoggend sy stryd teen kanker verloor, het sy dogter, Kirsty, vanmiddag bevestig. Die 74-jarige Watts het in Julie sy uittrede aangekondig uit die jarelange ondersoekende-nuusprogram, Carte Blanche. Hy het onlangs onthul hy het verlede jaar met chemoterapie begin nadat hy ‘n diagnose gekry het van velkanker wat na sy longe versprei het. Hy is vroeër vanjaar in ‘n Johannesburgse hospitaal opgeneem weens erge sepsis. Watts was sedert die ontstaan van Carte Blanche in 1988 lid van die span en was bekend as een van die mees gerespekteerde en erkende ondersoekende joernaliste.