De Ruyter onskuldig op rassisme aantygings

Eskom het die bevindings van ‘n onafhanklike ondersoek aanvaar dat die aantygings van rassisme teen die kragvoorsiener se bestuurhoof, André de Ruyter, van alle waarheid ontbloot is. Die ondersoek is deur advokaat Ishmael Semenya gedoen, na aanleiding van bewerings deur Eskom se voormalige hoofverkrygingsbeampte, Solly Tshitangano. Eskom-woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê die bewerings kon De Ruyter se reputasie geskaad het: