Maren se lasbrief is uitgereik

Die Suid-Afrikaanse ministerie van justisie het bevestig dat daar ‘n lasbrief uitgereik is vir die arrestasie van die Windhoek prokureur Maren de Klerk. Dit kom na ‘n aansoek deur die Namibiese regering. Intussen is daar bevestiging ontvang dat die ministerie aansoek gedoen het die vir uitlewering van drie besigheidspersoonlikede in Ysland. Die aanklaer-generaal Martha Imalwa het vroeër gesê dat alle pogings aangewend sal word om rolspelers in die Fishrot-aangeleentheid plaaslik voor die hof te bring.