De Klerk: EFF sê nee vir staatsbegrafnis

Britse premier Boris Johnson sê hy is bedroef oor die afsterwe van Suid-Afrikaanse oudpresident FW de Klerk. Johnson sê De Klerk was ‘n leier wat bakens versit het deur Nelson Mandela vry te laat en met Madiba saam te werk om apartheid tot ‘n val te bring. Intussen het die EFF aangedui die party is gekant teen ‘n moontlike staatsbegrafnis vir De Klerk.