Openbare verhore oor aborsie in Omaheke, Erongo – kom sê jou sê

Die parlementêre staande komitee oor geslagsgelykheid is tans besig met openbare verhore oor aborsie in die streke van Omaheke en Erongo wat tot 15 November sal duur. Verlede maand het die komitee vir vier dae openbare verhore oor aborsie gehad. David Nahogandja, woordvoerder van die parlement, nooi die publiek in dié streke uit om hul menings oor aborsie te opper.