N$120m toelaag om paaie in Whk te beveilig

Die Windhoekse burgemeester, Job Amupanda, het aangekondig dat Stad Windhoek ‘n toelaag van sowat 120 miljoen Namibiese dollar van die Duitse ontwikkelingsbank, KFW Bank, ontvang het. Dit gaan aangewend word vir volhoubare stedelike mobiliteit. Amupanda sê Windhoek se paaie gaan veilig gemaak word en die stad gaan met fietsrylane spog.