DBV in SA wen stryd teen verskeping van vee

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings in Suid-Afrika sê hulle vier die oorwinning in die stryd teen die vervoer en uitvoer van lewende skape per skip. Die raad het vroeër die uitvoermaatskappy Al Mawashi in die hof die stryd aangesê. ‘n Woordvoerder, Keshvi Nair, sê die maatskappy het bekend gemaak hulle het nog nie sodanige besprekings vir verskeping na die Midde-Ooste gehad nie. Hulle het ook aangedui hulle sal in die toekoms eerder verskeping van lewende hawe uit lande soos Australië oorweeg. Nair sê die stryd was die moeite werd: