!Gawaxab en Geingob gesels

Die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab en President Hage Geingob hou op die oomblik samesprekings. Volgens Kazembire Zemburuka, die bank se direkteur van kommunikasie, is besoeke van die aard standaard prosedure. President Hage Geingob lewer ook volgende week sy staatsrede en !Gawaxab sal volgens Zemburuka, die stand van sake in die ekonomie met die president bespreek.