DBV het altyd bystand nodig, was 200 komberse daagliks

Die Dierebeskermingsvereniging van Namibië doen ‘n beroep op lede van die publiek om hulle by te staan met komberse en kos in die yskoue winter wat tans ondervind word. Volgens die bedryfsbestuurder, Sylvia Breitenstein, is hulle altyd in nood.

Sy het ook ‘n beroep op troeteldier-eienaars gedoen om te verseker dat diere warm gehou word tydens die winter.