Ramaphosa het geen reg om staatskapingverslag te vertraag nie

Die DA-leier, John Steenhuisen sê die vertraging met die vrystelling van die staatskapingskommissie se finale verslag is problematies. Die laaste deel van die verslag was bedoel om gisteraand by ‘n amptelike seremonie by die Uniegebou in Pretoria aan president Cyril Ramaphosa oorhandig te word. Die vertraging volg na ‘n gesprek tussen Ramaphosa en die voorsitter van die kommissie, Raymond Zondo, oor die tydsberekening van die oorhandiging. Steenhuisen sê die president het geen reg om die verslag uit te stel of geregtigheid te dwarsboom nie: