Inbraak by David Imanuwela se huis in Noorde

Die opstal van die Phala Phala rooftog-verdagte David Imanuwela in die verre Noorde van Namibië, is beroof. Imanuwela se ouma is woonagtig in die huis wat ongeveer 15 kilometer vanaf Outapi is. Terwyl die hoofman in die gebied die rooftog bevestig het, weet die polisie niks daarvan nie en sê geen saak is gemaak nie. Meubels en ‘n televisie is volgens berigte van die goedere wat gesteel is. Sy ouma was blykbaar nie tuis met die inbraak nie. Imanuwela, wat by die opstal groot geword het, is tans in Johannesburg. Daar word gemeen hy en sy familie in Namibië, vrees vir hul lewens na die media berigte oor die rooftog gepubliseer is.