DBN het fasiliteit vir klimaatsvriendelike projekte

Die Ontwikkelingsbank van Nambië het aangekondig dat ‘n fasiliteit nou beskikbaar is om klimaatsvriendelike projekte te finansier. Die uitvoerende hoof, Martin Inkumbi, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die bank bied ‘n finansiële oplossing vir klimaat- en omgewingsvriendelike projekte. Die bank het voorheen herwinbare energie-projekte gefinansier, asook waterherwinning vir nywerheidsgebruik op Walvisbaai en waterberging by die Neckartaldam.