Gesondheid verdedig twee sake vandag

Die Namibiese gesondheidsministerie verdedig twee sake in die hoërhof vandag. In die een saak dagvaar Bernice Soetmelk vir skadevergoeding van 545 000 Namibiese dollar na haar baba dood is na sy ingeënt is by ‘n kliniek in die hoofstad. In die ander saak soek Amalia Festus betaling van 3,8 miljoen Namibiese dollar nadat ‘n histerektomie, na bewering sonder haar toestemming, op haar uitgevoer is by die Sentraal-hospitaal in die hoofstad. Die ministerie het talle van die sake, veral met roetine inentings en bevallings waar babas sterf. Meeste aansoekers word deur die Regshulpsentrum bygestaan.