Daniil Medvedev gee swak balle skuld vir sy nederlaag

Tennis: Die Rus Daniil Medvedev het swak gehalte balle die skuld gegee vir sy nederlaag teen Hubert Hurkacz van Pole in die kwarteindronde van die Miami-ope in Amerika. ‘n Oorwinning sou hom die eerste plek op die wêreldranglys laat herower het. Die Spaanse tiener Carlos Alcarez Garfia kom in die halfeindronde teen Hurkacz te staan nadat hy Miomir Kecmanovic van Serwië uitgeskakel het. In die vroue-afdeling speel Naomi Osaka van Japan môre teen die Pool Iga Swiatek in die eindstryd.