Mentorskapsprogram, Dads on Duty, bekend gestel

‘n Vrou van Ennerdale in Johannesburg sal op 21 Mei amptelik ‘n mentorskapprogram, genaamd Dads on Duty, bekendstel. Jade Seedat sê die program het ten doel om te verseker elke kind ervaar die liefde, leiding en mentorskap van ‘n vaderfiguur. Seedat sê Dads on Duty sal ‘n omgewing skep waar ‘n kind basiese alledaagse vaardighede kan aanleer wat nie by die skool of in sekere gevalle nie by die huis geleer word nie. Sy sê mans moet verstaan vaderskap gaan nie net oor finansiële voorsiening nie.