Kommer oor onluste nie plaaslik nodig nie

Navorsing in baie dele van die wêreld toon dat die risiko vir burgerlike geweld toeneem wanneer prysstygings in voedsel voorkom. Navorsing in Suid-Afrika toon dat die Marikana-opstand gepaard gegaan het met ‘n 25 persent styging in die prys van mieliemeel en in Soedan is ‘n regering omvergewerp as gevolg van die prys van brood. Maar, die navorser en politieke kenner Christie Keulder stem nie noodwendig saam nie, veral in die Namibiese verband.