Dali is onskuldig aan wangedrag

Die Regspraktykraad in Suid-Afrika het advokaat Dali Mpofu vrygespreek van wangedrag. Die aanklag hou verband met ‘n opmerking wat by die Zondo-kommissie gemaak is toe die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, onder kruisondervraging was. Mpofu het advokaat Michelle le Roux, wat namens die minister opgetree het, aangesê om “haar mond te hou”. Mpofu het ook vir hoofregter Raymond Zondo onderbreek toe hy probeer het om die verrigtinge te beheer. Die raad het voorheen tot die gevolgtrekking gekom dat Mpofu vir Zondo by talle geleenthede onderbreek het en nie toepaslik opgetree het nie. Die raad het aanbeveel dat Mpofu aangekla word van professionele wangedrag.