Omskakeling van energie sal klimaatsaksie bevorder

‘n Skoon en regverdige omskakeling van energie sal nie net klimaatsaksie bevorder nie, maar sal ook help met die skep van nuwe werksgeleenthede en ‘n veerkragtige en voorspoedige toekoms. Dis die mening van die president van die 26ste Verenigde Nasies Klimaatsverandering Konferensie, Alok Sharma, van die Verenigde Koninkryk. Hy is sedert Sondag in Suid-Afrika om die inwerkingstelling van die land se Just Energy Transition Partnership te ondersteun. Hy het samesprekings met die regering en lede van die Presidensiële Taakspan vir Klimaatsfinansiering gehou. Sharma het ook die Komati-kragstasie in Mpumalanga besoek om planne vir die heraanwending van die aanleg te bespreek.