Bekende Riruako bied landbou-opleiding aan

Die Dr. Hoze Riruako-groep bied op 1 en 2 Julie landbou-opleiding aan. Die opleiding sal aan beginner- en ervare boere die geleentheid bied om kennis te kry oor die ontstaan, ontwikkeling en toekoms van landbou en boerdery. Die opleiding wat spesifiek deur ervare en bekende opleidingsbeamptes aangebied word, sal bestuur, spesifieke boerderyvertakkings, ontwrigtings wat deur Covid-19 veroorsaak word en toekomstige boerdery ondersoek. Alexander Meroro, tegniese adviseur van die groep het meer inligting met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.