Dalende tendens in nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika

Slegs sewe pasiënte is gister in hospitale vir Covid-19-behandeling in Suid-Afrika opgeneem. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in die buurland het 306 nuwe gevalle aangemeld, vergeleke met ‘n totaal van 393 Vrydag. Die meerderheid van die nuwe gevalle was in Gauteng, die Wes-Kaap, en KwaZulu-Natal. Limpopo het die minste nuwe gevalle gerapporteer. ‘n Verdere sewe Covid-19-verwante sterftes is aangemeld, terwyl 17 mense sover bekend Vrydag weens die uitwerking van die virus gesterf het.