Koalisiegesprekke in Suid-Afrika duur voort

Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, het bevestig hy gaan nie met die EFF in enige koalisie saamwerk nie. Dié besluit is op ‘n onlangse vergadering van die nuwe party se senaat geneem. ActionSA beskou die EFF as bedmaats van die ANC. Mashaba het voor die plaaslike regeringsverkiesing gesê hy gaan nie met die ANC saamwerk nie en hulle beskuldig dat hulle korrup is. ‘n Woordvoerder van ActionSA, Lerato Ngobeni, sê ander partye behoort dieselfde te doen.