Daar’s geen oorplaatjies op die oomblik nie

Die Vleisraad van Namibië, nou bekend as die Raad vir Lewendehawe en Veeprodukte, lig alle produsente met spyt in dat daar ‘n vertraging in die verkryging van oorplaatjies vir vee is. Die raad werk nou saam met die verskaffer om die probleem op te los en produsente sal onmiddellik in kennis gestel word van die datum van aflewering, waarna die aankoop van oorplaatjies kan hervat.