Daar is geen bewyse teen Joe Biden nie – Withuis

Die Withuis sê dis tyd dat die media op Republikeine in die Huis van Verteenwoordigers fokus wat op grond van beweerde leuens ‘n ampsklagondersoek teen president Joe Biden aangevra het. Die Huis van Verteenwoordigers se speaker, Kevin McCarthy, beskuldig die Biden-familie dat hy by verskillende lande inmeng en homself uit buitelandse bronne verryk. Die woordvoerder van die Withuis-raad se kantoor, Ian Sams, sê na byna nege maande se ondersoeke kon die Republikeine in die Huis geen bewyse vind dat die president iets verkeerd gedoen het nie.