DA woedend oor tienduisende leë onderwysposte

Die DA in KwaZulu-Natal doen ’n beroep op die provinsiale LUR vir Onderwys, Mbali Frazer en haar departementshoof, Nkosinathi Ngcobo, om dringend in te gryp oor vakante onderwysposte. Dit kom te midde van protesoptrede by verskeie skole in die provinsie weens die voortslepende en ernstige onderwystekorte. Imran Keeka van die DA sê daar is sowat 31 460 onderwysvakatures by openbare skole regdeur die land, met KZN wat die hoogste getal aangeteken het, met meer as 7 000 vakante poste.