Ons kan nie RedForce-kontrak beëindig nie: Stad Windhoek

Daar was regoor die land verskeie betogings op dorpe en die hoofstad oor die aanstelling van RedForce om munisipale skuld in te vorder. Walvisbaai se munisipale raad het Dinsdag ‘n mosie aanvaar dat die ooreenkoms met RedForce onmiddellik beëindig word. RedForce is ook besig om in Windhoek skuld bymekaar te maak en die bohaai affekteer inwoners. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Harold Akwenye, Stad Windhoek se korporatiewe bestuurder van kommunikasie, wat sê daar is ‘n kontrak met RedForce wat nie summier beëindig kan word nie.