DA vra vir hoër maatskaplike toelaes vir kinders

Die DA doen ‘n beroep op die departement van maatskaplike ontwikkeling om korrupsie te besnoei en maatskaplike toelaes vir kinders te verhoog. Miljoene kinders uit benadeelde agtergronde ly omdat hul ouers of voogde nie kan bekostig om hulle te voorsien van ‘n gebalanseerde dieet en basiese noodsaaklike behoeftes nie. Die DA-lid, Refiloe Nt’sekhe, sê die regering begroot tans 480 Suid-Afrikaanse rand vir kinder-ondersteunings-toelaes en die party glo die toelaag kan verhoog word na 624 rand.