DA vra ramptoestand oor Eskom

Die DA het sy oproep aan die kabinet herhaal om ʼn beperkte ramptoestand oor Eskom te verklaar. Dit volg nadat die land weer fase 6-beurtkrag ondervind. Die party beskuldig die regering daarvan dat hy handdoek ingegooi het om ʼn blywende oplossing vir die elektrisiteitskrisis te vind. Eskom verwag beurtkrag gaan vererger weens die dieselbegroting wat uitgeput is. ʼn Woordvoerder van die DA, Ghaleb Cachalia, sê die reaksie op die kragkrisis moet voortaan as ʼn kwessie van nasionale veiligheid beskou en met dringendheid hanteer word.