Hulp nodig met drie veldbrande rondom Windhoek 

Drie veldbrande woed tans in en rondom Windhoek. Volgens Sean Naude van die Namibia Marshal Rangers is die veldbrande groot en brandbestryders doen alles in hul vermoë om die vlamme te blus. Hy doen ‘n beroep op die publiek om te help met water of om die brande te bestry.