Boeing se laaste 747 verlaat produksielyn

Boeing het aangekondig die laaste 747-vliegtuig het die produksielyn verlaat om plek te maak vir ander vernuwings. Die ikoniese vliegtuig is 50 jaar gelede bekendgestel en het daardie mylpaal in Januarie vanjaar herdenk. Suid-Afrikaners het ʼn sagte plekkie vir die vliegtuig na sy beroemde vlug oor die Ellispark-stadion in Johannesburg in 1995 toe die Springbokke die Wêreldbeker die eerste keer ingepalm het. Die laaste Boeing is die “Queen of the Skies” gedoop.