DA verwelkom alternatiewe maatreëls vir nasionale ramptoestand

Die DA het President Cyril Ramaphosa se opmerkings gister dat die regering alternatiewe wetgewende maatreëls vir die Nasionale Ramptoestand sal oorweeg, verwelkom. DA-leier John Steenhuisen het ‘n beroep op hom gedoen om nie slegs daaroor te praat nie, maar om onmiddellik die Ramptoestand sowel as die oorblywende inperkingsregulasies op te hef. Ramaphosa het tydens die bekendstelling van ‘n nuwe entstofvervaardigings-gerief in Kaapstad gepraat en na sulke moontlike maatreëls verwys. Steenhuisen sê hulle het ‘n paar vrae om vir die regering te vra.