Vier Namibiese damme kry invloei ná die reën

Volgens NamWater se jongste dambulletin het vier damme water sedert Maandag invloei na dié goeie reëns gekry. Die Hardapdam was Maandag 47,7 persent vol en staan nou op 65,1 persent. Die Nautedam staan nou op 107 persent vol nadat die sluise die week oopgetrek is nadat dit Maandag 104,5 persent vol was. Selfs die Von Bachdam is nou effe voller op 46,6 persent teenoor Maandag se 46,5 persent.