Krieket SA kla hoofafrigter van growwe wangedrag aan

Krieket Suid-Afrika het die Proteas se hoofafrigter en voormalige nasionale paaltjiewagter, Mark Boucher, van growwe wangedrag aangekla. Dit volg op verhore oor die persepsie van rassisme en diskriminasie in die spel. Boucher word beskuldig van betrokkenheid by rasse-diskriminasie teenoor sy voormalige spanmaat, Paul Adams. KSA sê Boucher sal Woensdag vergader met die voorsitter van sy verhoor, advokaat Terry Motau, om die tydraamwerk vir die verrigtinge te bepaal. Die beheerliggaam sê hy sal nie enige stappe doen teen Boucher voor die afhandeling van die ondersoek nie.