DA stel plan teen jeugwerkloosheid bekend
Die DA sê die huidige toestand van die jeug in Suid-Afrika is haglik met hoë vlakke van wanhopigheid, armoede en ‘n gebrek aan geleenthede. Die party het onlangs ‘n nuwe nasionale beleid, die National Year of Service – Youth Climate Action Learnership, aanvaar. Traverse le Goff van die DA sê hierdie beleid sal ‘n doeltreffende intrede in die formele ekonomie skep vir elke jong persoon wat deel daarvan wil wees. Hy sê volgens sy party is dit ‘n oorlogsverklaring teen die land se werkloosheid onder die jeug: