DA sit Pappas voor vir KZN
Die DA het in aanloop tot volgende jaar se verkiesing Christopher Pappas as sy premierskandidaat vir KwaZulu-Natal aangewys. Hy is tans die uMngeni- plaaslike munisipaliteit se burgemeester en was voorheen die party se adjunkleier in die provinsie. Die DA-leier, John Steenhuisen, het Pappas beskryf as beginselvas, hardwerkend en dinamies, en bygevoeg hy verstaan die provinsie se kultuur en behoeftes. Pappas sê hulle het ʼn plan om KwaZulu-Natal te red: