DA sê daar is ingrypings wat ANC kan doen teen stygende lewenskoste
Die DA sê hy sal Suid-Afrikaners se toenemende lewenskoste teenstaan. Die party se leier, John Steenhuisen, het gereageer op die verhoging van 14 persent in voedselpryse en sê dit beteken ‘n katastrofe vir miljoene honger burgers. Hy doen ‘n beroep op die regering om die lys van BTW-vrye voedsel uit te brei, brandstofheffings te verlaag en sonkragbelasting-kortings te verhoog: